Wat n pragtige plant om in jou tuin te vertroetel.  Eintlik verg hulle min aandag. Gee gereeld water en hou die grond so effe suur.  Jy sal verras wees wanneer die jare lange opoffering skielik n  arm vol blomme met ‘n heerlike soet reuk in jou tuin kom neersit.

Saans wanneer die dag begin om sy aandklere aan te trek hang haar parfuum die hele tuin vol.  Dis dan wanneer die meeste mense begin rondsoek na die bron van die reuk en moontlik vir die eerste keer die blomme raaksien.  Hier by Déjà View het ons twee sulke plante en Johan sê dat hy nog nooit voorheen die reuk of die blomme beleef het nie.

Dit is ook nie vreemd nie. Sover ek kan agterkom blom hulle nes hulle wil. Sommige blom binne drie jaar ander neem baie langer.  My blomgevoelte sê vir my dit hang van die omstandighede af.  Deja View is nou drie jaar oop en gedurende die tyd is die plante meer vertroetel en opgepas en siedaar blomme, blomme, blomme.

Dit tyd van die jaar is ook reg.  Hulle blom laat in die herfs en net voor die winter. So draai vanaand in jou tuin en ruik of joune ook blom.

 

Family: Asparagaceae
Genus: Dracaena (dra-SEE-nah) (Info)
Species: fragrans (FRAY-granz) (Info)
Cultivar: Massangeana
Synonym: Aletris fragrans
Synonym: Cordyline fragrans
Synonym: Dracaena deremensis
Synonym: Pleomele fragrans

So ‘n bietjie stats. Indien jy meer wil nalees draai by “Davesgarden”. Hoop  joune blom ook. Pos fotos, dit sal lekker wees om te sien of stuur dit vir my by admin@dejaviewguesthouse.com. Dan pos ons dit.

Geniet die lekker herfsdae.