Sushi by .

Dis die tweede keer wat Fengnian Zhang ons, by die gastehuis, met  heerlike vars voorbereide sushi kom bederf.

Fengnian of Michael, soos wat almal in Nelspruit hom ken, kom van Sjina af. Hy het in 2004 in Suid Afrika kom woon.  Na sy aanvanklike opleiding, by die Cape town Fish Market in Menlyn, Pretoria verhuis  hy in 2012 na Nelspruit waar hy by John Dory as sushi sjef begin werk.  Drie jaar later besluit hy om sy eie ding te doen en ‘n rondreisende sushi sjef te word. Wat n wonderlike idee was dit nie. Op die oomblik is hy so besig dat jy ten minste n maand voor  jou beplande funksie n datum moet bespreek as jy ‘n plekkie,  in sy vol skedule, jou eie wil maak.

Hy arriveer gewoonlik met alles wat hy gaan benodig netjies verpak.   Ja, Michael bring alles saam, breekgoed en alle bestandele wat hy gaan benodig .  ‘n Koeltrokkie veseker dat die kosvoorraad teen die regte temperatuur gehou word.   Hy trek in jou kombuis en begin om die mooiste kunswerkies voor jou oë te skep.   Spesiale versoeke word geakkomodeer en deur die loop van die aand kry ons nog “salmon roses” – almal se gunsteling.   Hy hou eers op om sushi te maak wanneer die gasvrou so sê.

Leoni se vriende geniet die aand en meer as een keer hoor jy hoe die mamms aan hulle kinders dink.  Die een en daai een sal dit so geniet . Fotos word geneem en die wêreld vol gestuur.  Die aand word met die gebruiklike “fortune cookie” afgesluit.  Iets soos:  Confusius say:” Invite Micheal to Déjà View again”.  Dis wat in myne gestaan het.  Altans, dis wat ek wou lees.

‘n Sushi sjef in jou voorhuis.   Ek dink dit gaan een van ons hoogtepunte op diekalender word.

Hou ons blog dop sodat jy deel van die volgende sushiaand by Déjà View kan wees.